Op Saterdag 28 April (so binne-in die leker lang naweek) het 4 van ons 0/13-
dogters die bibberweer getrotseer en by E G Jansen aan die
Gautengproewe gaan deelneem. Die ysreën het nie vir
Monique Fuls, Desmé Muller, Danelle du Plooy en Ilse
Moolman gestuit om pragtige netbal te speel nie. Die
kompetisie was besonder straf aangesien 208 speelsters aan
hierdie rondte proewe deelgeneem het. Hieruit is sowat 50
dogters in die Gauteng "squad" ingesluit.
Op 19 Mei word 20 speelsters gekies om die provinsie op 5 -
8 Julie in Durban te verteenwoordig.
Baie geluk aan Ilse Moolman wat by die "squad" ingesluit is.
Dit is ‘n skitterende prestasie en ons hou styf duimvas vir die pad vorentoe.
Sy het reeds verlede Saterdag saam met ons 3 0/12-dogters wat dieselfde
prestasie bereik het, ‘n "squad" oefening bygewoon.
Baie sterkte aan Xanthé Visser, Charné Blunden en Antonette Jordaan wat op
12 Mei finale 0/12-Gautengproewe speel. Ons glo julle sal skitterende netbal
speel en julle staal wys!!
Laerskool Roodekrans Posbus 2152 Wilropark 1731 Hv. Wilde Amandel en Gardenia straat Roodekrans Telefoon nr: 011 764-2920 Faks nr: 011 764-2207
Monday, June 4, 2007
Subscribe to:
Posts (Atom)